eJozi's RecipeBook

  Login

Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie!

Bestanddele

Stroop

  • 1 kg suiker

  • 5 ml kaneel

  • 2.5 ml gemmer

  • 500 ml water

Deeg

  • 500 ml koekmeelblom

  • 25 ml bakpoeier

  • 30 ml margarien

  • 100 ml melk

  • 100 ml water

  • knippie sout

  • 500 ml sonneblom olie

Metode

Stroop

Gooi suiker, water, kaneel en gemmer in ‘n pot en kook dit tot ‘n opgeloste vloeistof. Wag tot die stroop koud genoeg is om in ‘n ander bak te gooi. Laat die stroop oornag afkoel in die yskas. Wanneer jy dit die volgende dag uitgehaal het, sit die bak in ‘n ander bak met yskoue water en ysblokkies in, sodat die vloeistof koud bly te midde van die oefening.

Deeg

Meng koekmeelblom, bakpoeier en sout. Vryf margarien in met jou vingers. Sny melk en water in die meel in. Moenie die meel te veel hanteer nie, hoe minder jy dit hanteer hoe beter.

Rol die deeg uit op ‘n ligweg-meel-gestrooide oppervlak tot so 5 mm dikte. Sny die deeg in repe van 5 cm breed en 10 cm lank. Sny die repe verder om elk drie bene te hê. Vleg die bene en druk dit styf vas aan die oop kant.

Kook

Verhit genoeg sonneblomolie in ‘n pot om die koeksisters in te braai. Bak die gevlegte koeksisters in die olie tot altwee kante ‘n mooi karamel kleur het. Die koeksister moet nog kook en borreltjies maak, dan moet jy dit al in die yskoue stroop onderdompel het. Haal die koeksister na so ‘n minuut uit. Die koeksister behoort baie swaarder te voel as jy hom uithaal.

Wenk

Gebruik verskillende implemente om die koeksisters in die olie en in die stroop te hanteer, vertrou my, jy wil nie stroop in die olie kry nie.

Cuisine: Suid Afrikaans

Kategorie: Soet Gebak

  • Posted3-Oct-2009
  • Total Views2606
  • Word Count443
  • Commentvia Twitter

Meer Resepte in "Resepte in Afrikaans"

3-Oct-2009Melktert Resep
Melktert Resep
Melktert is baie te sien op die tafels van basaars en is beskikbaar in elke tuis nywerheid winkel…
Hoeveel Keer Gesien: 1849 | Woorde Telling: 350
Lees meer →
3-Oct-2009Bier Brood
Bier Brood
Bierbrood kan eenvoudig uit meel, bier en suiker gemaak word, maar as ´n bykomende rysmiddel (bv. koeksoda of suiker en gis) nie bygevoeg word nie, sal die brood swaar en dig wees, maar is dan wel stewiger, en verloor minder vog as dit te lank gebak word. Bruismeel kan ook gebruik word, aangesien dit ´n mengsel van meel en rysmiddel is…
Hoeveel Keer Gesien: 1688 | Woorde Telling: 277
Lees meer →
3-Oct-2009Boerewors Resep
Boerewors Resep
Boerewors moet met goeie gehalte vleis gemaak word. Verwyder senings van vleis. Sny in klein stukkies om te maal. Moenie te veel vet byvoeg nie want die wors kan galsterig word. Week die derms in water sodat die sout afgespoel word…
Hoeveel Keer Gesien: 1564 | Woorde Telling: 269
Lees meer →
3-Oct-2009Geelrys met Rosyntjies
Geelrys met Rosyntjies
Suid Afrika se oudste rys dis, geelrys met rosyntjies is ook bekend as vendusierys of begrafnisrys. Toe die eerste vendusies in die Kaap gehou vas het koopers van heinde en ver gekom. Die Kaapse Maleiers, wat toe slawe was, het groot potte kos gemaak wat rys ingesluit het. Die rys was gekleur met borrie en met spysere en rosynties gegeur, dus die naam vendusierys…
Hoeveel Keer Gesien: 987 | Woorde Telling: 261
Lees meer →
3-Oct-2009Tamatie Bredie
Tamatie Bredie
Bredie is maar net groente, in die resep, tamatie, wat met skaapvleis en geurmiddels lank en stadig gekook word sodat die eindproduk nóg vleis nóg groente is, maar ´n ineengestrengelde stuk heerlikheid. Kortweg ´n nuwe smaak, ´n nuwe smaakervaring. Die bekendste bredies is ongetwyfeld tamatie, groenboontjie en die gewilde Kaapse streekkos, wateruintjie (-blommetjie)…
Hoeveel Keer Gesien: 954 | Woorde Telling: 355
Lees meer →

Nog Meer Resepte ⇒


OfferForge




Evita se kossie sikelela

Evita se kossie sikelelaAvailable from Kalahari.net



Site Statistics

Total Categories :43

Total Articles :258

Users Online :9