eJozi's RecipeBook

  Login

Melktert is baie te sien op die tafels van basaars en is beskikbaar in elke tuis nywerheid winkel.

Bak Tyd: ± 45 min | Bron: Tossie Baker
Bestanddele

Kors

  • 180 g koekmeel

  • 120 g botter

  • 250 ml klapper

  • 45 ml strooi suiker

  • 2 ml vanilla essense

  • knippie sout

Vulsel

  • 500 ml melk

  • 4 eiers

  • 30 ml mielieblom

  • 15 ml botter

  • 30 ml suiker

  • knippie sout

  • klein stukkie pyp kaneel

  • bietjie kaneel poeier

Metode

Kors

Room botter en suiker deeglik, roer sout en vanilla essense in. Voeg klapper en meel by mengsel. Maak aan tot sagte deeg. Druk in 22 cm tert pan, voer uit met bone en bak teen 200°C vir 12 minute, haal bone uit en bak verder vir 7 minute.

Vulsel

Kook melk, pyp kaneel en sout. Meng mielieblom met ´n bietjie melk, en voeg stadig by kokende melk. Klop eier gele goed met suiker en voeg stadig by, roer aanhoudend en kook vir nog 15 minute. Verwyder van stoof, laat afkoel en voeg styf geklopte eier wit by, laat verder koud word en voeg dan in gebakte tert kors, versier met klapper en kaneel poeier.

Note

In loving memory of my mother, gone since 1975 but not forgotten, the best baker in all ways, Tossie Baker neé Thuynsma (Elisabeth).

Cuisine: Suid Afrikaans

Kategorie: Soet Gebak

  • Posted3-Oct-2009
  • Total Views1852
  • Word Count350
  • Commentvia Twitter

Meer Resepte in "Resepte in Afrikaans"

3-Oct-2009Koeksister Resep
Koeksister Resep
Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie…
Hoeveel Keer Gesien: 2616 | Woorde Telling: 443
Lees meer →
3-Oct-2009Bier Brood
Bier Brood
Bierbrood kan eenvoudig uit meel, bier en suiker gemaak word, maar as ´n bykomende rysmiddel (bv. koeksoda of suiker en gis) nie bygevoeg word nie, sal die brood swaar en dig wees, maar is dan wel stewiger, en verloor minder vog as dit te lank gebak word. Bruismeel kan ook gebruik word, aangesien dit ´n mengsel van meel en rysmiddel is…
Hoeveel Keer Gesien: 1693 | Woorde Telling: 277
Lees meer →
3-Oct-2009Boerewors Resep
Boerewors Resep
Boerewors moet met goeie gehalte vleis gemaak word. Verwyder senings van vleis. Sny in klein stukkies om te maal. Moenie te veel vet byvoeg nie want die wors kan galsterig word. Week die derms in water sodat die sout afgespoel word…
Hoeveel Keer Gesien: 1569 | Woorde Telling: 269
Lees meer →
3-Oct-2009Geelrys met Rosyntjies
Geelrys met Rosyntjies
Suid Afrika se oudste rys dis, geelrys met rosyntjies is ook bekend as vendusierys of begrafnisrys. Toe die eerste vendusies in die Kaap gehou vas het koopers van heinde en ver gekom. Die Kaapse Maleiers, wat toe slawe was, het groot potte kos gemaak wat rys ingesluit het. Die rys was gekleur met borrie en met spysere en rosynties gegeur, dus die naam vendusierys…
Hoeveel Keer Gesien: 989 | Woorde Telling: 261
Lees meer →
3-Oct-2009Tamatie Bredie
Tamatie Bredie
Bredie is maar net groente, in die resep, tamatie, wat met skaapvleis en geurmiddels lank en stadig gekook word sodat die eindproduk nóg vleis nóg groente is, maar ´n ineengestrengelde stuk heerlikheid. Kortweg ´n nuwe smaak, ´n nuwe smaakervaring. Die bekendste bredies is ongetwyfeld tamatie, groenboontjie en die gewilde Kaapse streekkos, wateruintjie (-blommetjie)…
Hoeveel Keer Gesien: 957 | Woorde Telling: 355
Lees meer →

Nog Meer Resepte ⇒


OfferForge




Evita se kossie sikelela

Evita se kossie sikelelaAvailable from Kalahari.net



Site Statistics

Total Categories :43

Total Articles :258

Users Online :9