Smoorsnoek,´n heerlike Kaapse Maleies vis dis wat met snoek, aartappels en speserye gemaak word is gewoonlik met rys en moskonfyt bedien maar appelkoos konfyt kan ook gebruik word.
Lewer: 4-6 porsiesBestanddele
1 gaar snoek
30 ml botter
5 ml olie
2 groot uie, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
2 groen brandrissies, fyn gekap
2 ryp tamaties, gekap
2 groot aartappels
500 ml gekookte rys
wit peper
vars pietersielie as garnering
Metode
Kook aartapples en sny in blokkies. Vlok die vis snoek met jou hande en haal al die grate uit. Hou dit eenkant om later te gebruik. Verhit die botter en olie in ´n pan en smoor die uie en knoffel oor lae hitte tot deurskynend. Voeg die brandrissies, tamaties en aartappelblokkies by. Roer die snoek deur en verhit terwyl dit geroer word. Indien die mengsel effens droog lyk, voeg nog ´n bietjie botter by. Roer die rys by en geur met witpeper en pietersiele.
Cuisine: Kaapse Maleies
Kategorie: Hoofgereg - Vis
- Posted3-Oct-2009
- Total Views848
- Word Count269
- Commentvia Twitter
Meer Resepte in "Resepte in Afrikaans"
- 3-Oct-2009Koeksister Resep
- Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie…
- Hoeveel Keer Gesien: 2606 | Woorde Telling: 443
- Lees meer →
- 3-Oct-2009Melktert Resep
- Melktert is baie te sien op die tafels van basaars en is beskikbaar in elke tuis nywerheid winkel…
- Hoeveel Keer Gesien: 1849 | Woorde Telling: 350
- Lees meer →
- 3-Oct-2009Bier Brood
- Bierbrood kan eenvoudig uit meel, bier en suiker gemaak word, maar as ´n bykomende rysmiddel (bv. koeksoda of suiker en gis) nie bygevoeg word nie, sal die brood swaar en dig wees, maar is dan wel stewiger, en verloor minder vog as dit te lank gebak word. Bruismeel kan ook gebruik word, aangesien dit ´n mengsel van meel en rysmiddel is…
- Hoeveel Keer Gesien: 1688 | Woorde Telling: 277
- Lees meer →
- 3-Oct-2009Boerewors Resep
- Boerewors moet met goeie gehalte vleis gemaak word. Verwyder senings van vleis. Sny in klein stukkies om te maal. Moenie te veel vet byvoeg nie want die wors kan galsterig word. Week die derms in water sodat die sout afgespoel word…
- Hoeveel Keer Gesien: 1564 | Woorde Telling: 269
- Lees meer →
- 3-Oct-2009Geelrys met Rosyntjies
- Suid Afrika se oudste rys dis, geelrys met rosyntjies is ook bekend as vendusierys of begrafnisrys. Toe die eerste vendusies in die Kaap gehou vas het koopers van heinde en ver gekom. Die Kaapse Maleiers, wat toe slawe was, het groot potte kos gemaak wat rys ingesluit het. Die rys was gekleur met borrie en met spysere en rosynties gegeur, dus die naam vendusierys…
- Hoeveel Keer Gesien: 987 | Woorde Telling: 261
- Lees meer →



Follow us on Twitter

