Eksotiese speserye van regoor die wêreld is deesdae tot ons beskikking – tog beteken die beskikbaarheid daarvan maar min as jy nie weet hoe om dit te gebruik nie.
Tower jou kookkuns op met die wonderwêreld van speserye. Om die wêreld van speserye in die beperkte ruimte van een artikel in te pas, is ´n moeilike taak. Hierdie is dus slegs ´n “aptytwekker” – net ´n kort beskrywing van sommige speserye wat dikwels in die kombuis gebruik is.
| Naam | English | Gebruik |
|---|---|---|
| Basiliekruid | Basil | Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte en slaaie |
| Borrie | Turmeric | Kerrie, geelrys |
| Brandrissie | Chilli | Sterk gegeurde vleis, vis en groentegeregte |
| Bronslaai | Watercress | Slaaie |
| Dragon | Tarragon | Lamvleis, souse en piekels |
| Foelie | Mace | Bredies, frikkadelle, roomsouse, hoendervulsels en vrugtekoek |
| Gemmer | Ginger | Soetgebak, kerrie en soet-suur vleisgeregte |
| Grasuie | Chives | Slaaie, sop, souse en doopsouse |
| Kaneel | Cinnamon | Souse en vrugtegeregte, soetpatats, pampoen, nageregte, soetgebak |
| Kappertjiesaad | Capers | Vis en ander seekosse |
| Knoffel | Garlic | Vleis, vis, groente en slaaie |
| Koljander | Coriander | Vleis, droëwors en biltong |
| Komyn | Cumin (Jeera) | kerriegeregte (Maleise resepte) |
| Lourierblare | Bay leaves | Sop, bredies, maalvleis, bobotie, piekels, vis en pastas |
| Ment | Mint | Groente, lamsvleis en vis (met botter) |
| Moederkruid | Marjoram | Sop, bredies en vleisvulsels |
| Mostert | Mustard | Vleis, vis, groente, souse en sop |
| Naeltjies | Cloves | Hoender, vark, vis en wildsvleisgeregte |
| Neutmuskaat | Nutmeg | Vleis, groente en soetgebak |
| Oreganum | Oregano | Sop, slaaie, Italiaanse geregte o.a. pizzas en pastas (wat tamatie bevat) |
| Paprika | Paprika | Vleisgeregte, groente en slaaie |
| Peperwortel | Horseradish | Gebraaide bees en skaap |
| Pietersielie | Parsley | Sop, vleis, vis, groente, soutgebak, pastas en slaaie |
| Pimento | Allspice | Bredies |
| Rissiepeper | Cayene pepper | Kaas en eiergeregte |
| Roosmaryn | Rosemary | Vleisgeregte, hoender, sop en souse |
| Saffraan | Saffron | Rys, vulsels en vleis |
| Salie | Sage | Vulsels vir vleis en hoender |
| Tiemie | Thyme | Vleis (skaap en hoender), groente en sop |
| Vinkel | Fennel (Barishap) | Groente, visgeregte en slaaie |
Kategorie: Speserye
Bron: Wilna Myburgh
Web Werf: http://www.jouwereld.co.za