Tamatie Bredie

Tamatie Bredie 

Tamatie bredie is maar net groente, in die resep, tamatie, wat met skaapvleis en geurmiddels lank en stadig gekook word sodat die eindproduk nóg vleis nóg groente is, maar ´n ineengestrengelde stuk heerlikheid. Kortweg ´n nuwe smaak, ´n nuwe smaakervaring. Die bekendste bredies is ongetwyfeld tamatie, groenboontjie en die gewilde Kaapse streekkos, wateruintjie (-blommetjie).

Voorbereiding Tyd:
Kook Tyd:
Totale Tyd:
Lewer: 10 porsies
Bestanddele
Metode
  1. Verhit ´n bietjie olie in ´n swaarboompot en braai die vleis bruin, verwyder en hou eenkant

  2. Raak van die oortolige olie in die pot ontslae en braai die uie en knoffel oor baie lae hitte tot deurskynend

  3. Voeg die vleis weer by en braai stadig

  4. Vloeistof word nie regtig bygevoeg nie, maar indien die uie en vleis te vinning braai gooi ´n bietjie aftreksel of water by

  5. Stowe vir ongeveer 30 minute en voeg dan die tamaties, suiker, koljander, rissie, sout en peper by

  6. Voeg die aartappels by wanneer die vleis amper sag is

  7. Stowe vir ongeveer 1½ ure

  8. Die aartappels sal begin wegkook en die vleis sal so te sê van die been af val

  9. Bedien met rys.

Kategorie: Hoofgereg

Cuisine: Suid Afrikaans

Sub-Kategorie: Tradisioneel