Suid Afrika se oudste rys dis, geelrys met rosyntjies is ook bekend as vendusierys of begrafnisrys. Toe die eerste vendusies in die Kaap gehou vas het koopers van heinde en ver gekom. Die Kaapse Maleiers, wat toe slawe was, het groot potte kos gemaak wat rys ingesluit het. Die rys was gekleur met borrie en met spysere en rosynties gegeur, dus die naam vendusierys. Die Afrikaaners en Kaapse Maleiers kook ook geelrys vir die maaltyd na ´n begrafnis, dus die ander naam, begrafnisrys.
250 ml rys
5 ml sout
5 ml borrie
1 stuk pypkaneel
37,5 ml suiker
125 ml pitlose rosyntjies
15 ml botter
Plaas die rys, sout, borrie, pypkaneel en suiker in ´n pot en bedek met water
Kook oor matige hitte tot die rys sag is, dreineer
Plaas die rys saam met die rosyne in ´n vergietes en stoom 45 minute oor kookende water
Voeg die botter by en meng met ´n vurk.
Kategorie: Bygereg
Cuisine: Suid Afrikaans
Sub-Kategorie: Tradisioneel