´n Heerlike groente atjar resep wat baie maklik is om te maak.
50 ml sout
2 litres water
1 blomkool, in blommetjies gebreek
4 wortels, geskil en in skyfies gesny
2 uie, grof gekap
4 brandrissies, ontpit en fyn gekap
2 knoffeltoontjies, fyngedruk
1 liter olie
80 ml masala
Los sout in water op en sit wortels, blomkool en uie daarin
Week vir 24 uur en dreineer en druk droog
Verhit olie saam met rissies, knoffel en masala tot goed warm
Meng groente en oliemengsel en sit in gesteriliseerde bottels
Laat afkoel en verseël.
Kategorie: Bygereg
Cuisine: Suid Afrikaans
Sub-Kategorie: Tradisioneel