eJozi's RecipeBook

  Login
No image yet

´n Heerlike resep gemaak met maalvlies en appelsous.

Bestanddele

Frikkadelle

  • 500 g maalvleis

  • 2 snye dik bruinbrood, korsies verwyder en in water geweek

  • 1 ui geskil en gekap

  • 1 ml neutmuskaat

  • 1 ml fyn gemmer

  • sout en peper na smaak

  • 1 eier geklits

  • olie

Sous

  • 1 ui geskil en in ringe gesny

  • 2 knoffelhuisies fyngedruk

  • 2 to 3 appels, geskil en in blokkies gesny

  • 15 ml sojasous

  • 250 ml water

  • 10 ml fyngekapte vars salie

  • 2 ml fyn gemmer

  • 10 ml suiker

  • mielieblom

Metode

Frikkadelle

Meng al die bestanddele vir die frikkadelle liggies in ´n groot mengbak. Vorm sowat 12 frikkadelle. Verhit olie in ´n pot en braai frikkadelle tot bruin. Skep frikkadelle uit en hou eenkant.

Sous

Sorteer ui en knoffel in dieselfde pot tot sag. Voeg die appelblokkies by en roerbraai sowat 5 minute tot glansig. Giet sojasous en water by en verhit tot kookpunt. Voeg res van die bestanddele by behalwe mielieblom. Laat prut tot die appels byna sag is en die sous effens afgekook is.

Voeg die frikkadelle by en sit deksel op. Laat prut oor lae hitte tot die appels sag is en die frikkadelle gaar is. Verdik die sous met die mielieblom wat aangemaak is met ´n bietjie water. Laat sous verdik. Bedien met kapok aartappels.

Cuisine: Wêreldwyd

Kategorie: Hoofgereg

  • Posted2-Oct-2009
  • Total Views302
  • Word Count342
  • Commentvia Twitter

Meer Resepte in "Resepte in Afrikaans"

3-Oct-2009Koeksister Resep
Koeksister Resep
Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie…
Hoeveel Keer Gesien: 2616 | Woorde Telling: 443
Lees meer →
3-Oct-2009Melktert Resep
Melktert Resep
Melktert is baie te sien op die tafels van basaars en is beskikbaar in elke tuis nywerheid winkel…
Hoeveel Keer Gesien: 1853 | Woorde Telling: 350
Lees meer →
3-Oct-2009Bier Brood
Bier Brood
Bierbrood kan eenvoudig uit meel, bier en suiker gemaak word, maar as ´n bykomende rysmiddel (bv. koeksoda of suiker en gis) nie bygevoeg word nie, sal die brood swaar en dig wees, maar is dan wel stewiger, en verloor minder vog as dit te lank gebak word. Bruismeel kan ook gebruik word, aangesien dit ´n mengsel van meel en rysmiddel is…
Hoeveel Keer Gesien: 1693 | Woorde Telling: 277
Lees meer →
3-Oct-2009Boerewors Resep
Boerewors Resep
Boerewors moet met goeie gehalte vleis gemaak word. Verwyder senings van vleis. Sny in klein stukkies om te maal. Moenie te veel vet byvoeg nie want die wors kan galsterig word. Week die derms in water sodat die sout afgespoel word…
Hoeveel Keer Gesien: 1569 | Woorde Telling: 269
Lees meer →
3-Oct-2009Geelrys met Rosyntjies
Geelrys met Rosyntjies
Suid Afrika se oudste rys dis, geelrys met rosyntjies is ook bekend as vendusierys of begrafnisrys. Toe die eerste vendusies in die Kaap gehou vas het koopers van heinde en ver gekom. Die Kaapse Maleiers, wat toe slawe was, het groot potte kos gemaak wat rys ingesluit het. Die rys was gekleur met borrie en met spysere en rosynties gegeur, dus die naam vendusierys…
Hoeveel Keer Gesien: 989 | Woorde Telling: 261
Lees meer →

Nog Meer Resepte ⇒


OfferForge




Evita se kossie sikelela

Evita se kossie sikelelaAvailable from Kalahari.net



Site Statistics

Total Categories :43

Total Articles :258

Users Online :13