Suid Afrika se oudste rys dis, geelrys met rosyntjies is ook bekend as vendusierys of begrafnisrys. Toe die eerste vendusies in die Kaap gehou vas het koopers van heinde en ver gekom. Die Kaapse Maleiers, wat toe slawe was, het groot potte kos gemaak wat rys ingesluit het. Die rys was gekleur met borrie en met spysere en rosynties gegeur, dus die naam vendusierys. Die Afrikaaners en Kaapse Maleiers kook ook geelrys vir die maaltyd na ´n begrafnis, dus die ander naam, begrafnisrys.
Tyd: ± 1 uur | Lewer: 4-6 porsiesBestanddele
250 ml rys
5 ml sout
5 ml borrie
1 stuk pypkaneel
37.5 ml suiker
125 ml pitlose rosyntjies
15 ml botter
Metode
Plaas die rys, sout, borrie, pypkaneel en suiker in ´n pot en bedek met water. Kook oor matige hitte tot die rys sag is. Dreineer. Plaas die rys saam met die rosyne in ´n vergietes en stoom 45 minute oor kookende water. Voeg die botter by en meng met ´n vurk.
Cuisine: Suid Afrikaans
Kategorie: Bygereg - Rys
- Posted3-Oct-2009
- Total Views987
- Word Count261
- Commentvia Twitter
Meer Resepte in "Resepte in Afrikaans"
- 3-Oct-2009Koeksister Resep
- Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie…
- Hoeveel Keer Gesien: 2606 | Woorde Telling: 443
- Lees meer →
- 3-Oct-2009Melktert Resep
- Melktert is baie te sien op die tafels van basaars en is beskikbaar in elke tuis nywerheid winkel…
- Hoeveel Keer Gesien: 1849 | Woorde Telling: 350
- Lees meer →
- 3-Oct-2009Bier Brood
- Bierbrood kan eenvoudig uit meel, bier en suiker gemaak word, maar as ´n bykomende rysmiddel (bv. koeksoda of suiker en gis) nie bygevoeg word nie, sal die brood swaar en dig wees, maar is dan wel stewiger, en verloor minder vog as dit te lank gebak word. Bruismeel kan ook gebruik word, aangesien dit ´n mengsel van meel en rysmiddel is…
- Hoeveel Keer Gesien: 1688 | Woorde Telling: 277
- Lees meer →
- 3-Oct-2009Boerewors Resep
- Boerewors moet met goeie gehalte vleis gemaak word. Verwyder senings van vleis. Sny in klein stukkies om te maal. Moenie te veel vet byvoeg nie want die wors kan galsterig word. Week die derms in water sodat die sout afgespoel word…
- Hoeveel Keer Gesien: 1564 | Woorde Telling: 269
- Lees meer →
- 3-Oct-2009Tamatie Bredie
- Bredie is maar net groente, in die resep, tamatie, wat met skaapvleis en geurmiddels lank en stadig gekook word sodat die eindproduk nóg vleis nóg groente is, maar ´n ineengestrengelde stuk heerlikheid. Kortweg ´n nuwe smaak, ´n nuwe smaakervaring. Die bekendste bredies is ongetwyfeld tamatie, groenboontjie en die gewilde Kaapse streekkos, wateruintjie (-blommetjie)…
- Hoeveel Keer Gesien: 954 | Woorde Telling: 355
- Lees meer →



Follow us on Twitter

