Bier Brood

Gepos in Resepte in Afrikaans Tell-a-Friend
Bier Brood 

Bierbrood kan eenvoudig uit meel, bier en suiker gemaak word, maar as ´n bykomende rysmiddel (bv. koeksoda of suiker en gis) nie bygevoeg word nie, sal die brood swaar en dig wees, maar is dan wel stewiger, en verloor minder vog as dit te lank gebak word. Bruismeel kan ook gebruik word, aangesien dit ´n mengsel van meel en rysmiddel is.

Voorbereiding Tyd:
Bak Tyd:
Totale Tyd:
Lewer: 1
Bestanddele
  • 1 bottel (340 ml) van jou gunsteling bier

  • 500 g bruismeel

  • 5 ml sout

  • 250 ml gerasperde cheddarkaas

Metode
  1. Meng die meel, sout en gerasperde kaas saam in ´n groot mengbak

  2. Gooi die bier by en meng goed

  3. Sit die meelmengsel in ´n gesmeerde broodpan van sowat 18 cm x 8 cm, of twee klein pannetjies van sowat 14 cm x 7 cm

  4. Bak in ´n warm oond teen 180°C (350°F) vir sowat 45 minute as jy een groot brood bak of sowat 30 minute as jy twee kleintjies bak.

Wenk
  1. Verskillende tipes bierbrood kan gemaak word deur verskillende tipes bier te gebruik: ´n stout of donker bier lewer byvoorbeeld ´n donkerder brood met ´n swaarder geur, ´n gegeurde bier verleen ook van sy geur aan die brood.

Kategorie: Bygereg

Cuisine: Wêreldwyd

Sub-Kategorie: Bak

Total Views: 6885

Word Count: 371

Comment on Twitter

Meer Resepte in "Resepte in Afrikaans"

Koeksisters
Gepos 03.10.2009 in Resepte in Afrikaans
Koeksisters
Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie!
Lees Meer »
Geelrys met Rosyntjies
Gepos 03.10.2009 in Resepte in Afrikaans
Geelrys met Rosyntjies
Suid Afrika se oudste rys dis, geelrys met rosyntjies is ook bekend as vendusierys of begrafnisrys. Toe die eerste vendusies in die Kaap gehou vas het koop…
Lees Meer »
Melktert
Gepos 03.10.2009 in Resepte in Afrikaans
Melktert
Melktert is 'n tradisionele Suid-Afrikaanse soet deeg kors met 'n romerige vulsel gemaak van melk, meel, suiker en eiers wat baie maklik is om voor te bere…
Lees Meer »
Boerewors
Gepos 03.10.2009 in Resepte in Afrikaans
Boerewors
Die boerewors resep moet met goeie gehalte vleis gemaak word. Verwyder senings van vleis. Sny in klein stukkies om te maal. Moenie te veel vet byvoeg nie want…
Lees Meer »
Groente Atjar
Gepos 03.10.2009 in Resepte in Afrikaans
Groente Atjar
´n Heerlike groente atjar resep wat baie maklik is om te maak
Lees Meer »

Meer Resepte in "Resepte in Afrikaans"