Bierbrood kan eenvoudig uit meel, bier en suiker gemaak word, maar as ´n bykomende rysmiddel (bv. koeksoda of suiker en gis) nie bygevoeg word nie, sal die brood swaar en dig wees, maar is dan wel stewiger, en verloor minder vog as dit te lank gebak word. Bruismeel kan ook gebruik word, aangesien dit ´n mengsel van meel en rysmiddel is.
Bak Tyd: ± 45 minuteBestanddele
1 bottel (340 ml) van jou gunsteling bier
500 g bruismeel
5 ml sout
250 ml gerasperde cheddarkaas
Metode
Meng die meel, sout en gerasperde kaas saam in ´n groot mengbak. Gooi die bier by en meng goed. Sit die meelmengsel in ´n gesmeerde broodpan van sowat 18 cm x 8 cm, of twee klein pannetjies van sowat 14 cm x 7 cm. Bak in ´n warm oond teen 180°C vir sowat 45 minute as jy een groot brood bak of sowat 30 minute as jy twee kleintjies bak.
Wenk
Verskillende tipes bierbrood kan gemaak word deur verskillende tipes bier te gebruik: ´n stout of donker bier lewer byvoorbeeld ´n donkerder brood met ´n swaarder geur. ´n Gegeurde bier verleen ook van sy geur aan die brood.
Cuisine: Wêreldwyd
Kategorie: Brood
- Posted3-Oct-2009
- Total Views1693
- Word Count277
- Commentvia Twitter
Meer Resepte in "Resepte in Afrikaans"
- 3-Oct-2009Koeksister Resep
- Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie…
- Hoeveel Keer Gesien: 2616 | Woorde Telling: 443
- Lees meer →
- 3-Oct-2009Melktert Resep
- Melktert is baie te sien op die tafels van basaars en is beskikbaar in elke tuis nywerheid winkel…
- Hoeveel Keer Gesien: 1852 | Woorde Telling: 350
- Lees meer →
- 3-Oct-2009Boerewors Resep
- Boerewors moet met goeie gehalte vleis gemaak word. Verwyder senings van vleis. Sny in klein stukkies om te maal. Moenie te veel vet byvoeg nie want die wors kan galsterig word. Week die derms in water sodat die sout afgespoel word…
- Hoeveel Keer Gesien: 1569 | Woorde Telling: 269
- Lees meer →
- 3-Oct-2009Geelrys met Rosyntjies
- Suid Afrika se oudste rys dis, geelrys met rosyntjies is ook bekend as vendusierys of begrafnisrys. Toe die eerste vendusies in die Kaap gehou vas het koopers van heinde en ver gekom. Die Kaapse Maleiers, wat toe slawe was, het groot potte kos gemaak wat rys ingesluit het. Die rys was gekleur met borrie en met spysere en rosynties gegeur, dus die naam vendusierys…
- Hoeveel Keer Gesien: 989 | Woorde Telling: 261
- Lees meer →
- 3-Oct-2009Tamatie Bredie
- Bredie is maar net groente, in die resep, tamatie, wat met skaapvleis en geurmiddels lank en stadig gekook word sodat die eindproduk nóg vleis nóg groente is, maar ´n ineengestrengelde stuk heerlikheid. Kortweg ´n nuwe smaak, ´n nuwe smaakervaring. Die bekendste bredies is ongetwyfeld tamatie, groenboontjie en die gewilde Kaapse streekkos, wateruintjie (-blommetjie)…
- Hoeveel Keer Gesien: 957 | Woorde Telling: 355
- Lees meer →



Follow us on Twitter

