Koeksisters

Gepos in Resepte in Afrikaans Tell-a-Friend
Koeksisters 

Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie!

Voorbereiding Tyd:
Kook Tyd:
Totale Tyd:
Lewer: 36 x 85 g
Bestanddele

Stroop

  • 1 kg suiker

  • 5 ml kaneel

  • 2,5 ml gemmer

  • 500 ml water

Deeg

  • 500 ml koekmeelblom

  • 25 ml bakpoeier

  • 30 ml margarien

  • 100 ml melk

  • 100 ml water

  • knippie sout

Diepbraai

  • 500 ml sonneblom olie

Metode

Stroop

  1. Gooi suiker, water, kaneel en gemmer in ‘n pot en kook dit tot ‘n opgeloste vloeistof

  2. Wag tot die stroop koud genoeg is om in ‘n ander bak te gooi

  3. Laat die stroop oornag afkoel in die yskas

  4. Wanneer jy dit die volgende dag uitgehaal het, sit die bak in ‘n ander bak met yskoue water en ysblokkies in, sodat die vloeistof koud bly te midde van die oefening.

Deeg

  1. Meng koekmeelblom, bakpoeier en sout

  2. Vryf margarien in met jou vingers

  3. Sny melk en water in die meel in, moenie die meel te veel hanteer nie, hoe minder jy dit hanteer hoe beter.

  4. Rol die deeg uit op ‘n ligweg-meel-gestrooide oppervlak tot so 5 mm dikte

  5. Sny die deeg in repe van 5 cm breed en 10 cm lank, sny die repe verder om elk drie bene te hê

  6. Vleg die bene en druk dit styf vas aan die oop kant.

 

Diepbraai

    Stap 5 
    Stap 6 
    Stap 7 
  1. Verhit genoeg sonneblomolie in ‘n pot om die koeksisters in te braai

  2. Bak die gevlegte koeksisters in die olie tot altwee kante ‘n mooi karamel kleur het

  3. Die koeksister moet nog kook en borreltjies maak, dan moet jy dit al in die yskoue stroop gedoop het

  4. Haal die koeksister na so ‘n minuut uit

  5. Die koeksister behoort baie swaarder te voel as jy hom uithaal.

 
Wenk
  1. Gebruik verskillende implemente om die koeksisters in die olie en in die stroop te hanteer, vertrou my, jy wil nie stroop in die olie kry nie.

Kategorie: Soet Gebak

Cuisine: Suid Afrikaans

Sub-Kategorie: Tradisioneel

Total Views: 7605

Word Count: 939

Comment on Twitter

Meer Resepte in "Resepte in Afrikaans"

Bier Brood
Gepos 03.10.2009 in Resepte in Afrikaans
Bier Brood
Bierbrood kan eenvoudig uit meel, bier en suiker gemaak word, maar as ´n bykomende rysmiddel (bv. koeksoda of suiker en gis) nie bygevoeg word nie, sal die…
Lees Meer »
Geelrys met Rosyntjies
Gepos 03.10.2009 in Resepte in Afrikaans
Geelrys met Rosyntjies
Suid Afrika se oudste rys dis, geelrys met rosyntjies is ook bekend as vendusierys of begrafnisrys. Toe die eerste vendusies in die Kaap gehou vas het koop…
Lees Meer »
Melktert
Gepos 03.10.2009 in Resepte in Afrikaans
Melktert
Melktert is 'n tradisionele Suid-Afrikaanse soet deeg kors met 'n romerige vulsel gemaak van melk, meel, suiker en eiers wat baie maklik is om voor te bere…
Lees Meer »
Boerewors
Gepos 03.10.2009 in Resepte in Afrikaans
Boerewors
Die boerewors resep moet met goeie gehalte vleis gemaak word. Verwyder senings van vleis. Sny in klein stukkies om te maal. Moenie te veel vet byvoeg nie want…
Lees Meer »
Groente Atjar
Gepos 03.10.2009 in Resepte in Afrikaans
Groente Atjar
´n Heerlike groente atjar resep wat baie maklik is om te maak
Lees Meer »

Meer Resepte in "Resepte in Afrikaans"