Boerewors
Gepos in Resepte in Afrikaans Tell-a-FriendDie boerewors resep moet met goeie gehalte vleis gemaak word. Verwyder senings van vleis. Sny in klein stukkies om te maal. Moenie te veel vet byvoeg nie want die wors kan galsterig word. Week die derms in water sodat die sout afgespoel word.
Bestanddele
1,5 kg beesvleis
1,5 kg varkvleis
500 g spek
25 ml sout
5 ml peper
50 ml koljander
2 ml fyn neutmuskaat
1 ml fyn naeltjies
2 ml fyn piment
125 ml asyn
50 ml worcestersous
100 g worsderms
Opsioneel
1 knoffelhuise, gekneus
2 ml tiemie
Metode
Rooster die koljander tot ligbruin en maal goed.
Maal die vleis en spek grof.
Meng alles saam en stop.
Wenk
As jy droëwors wil maak, gebruik dun worsderms en los die spek uit.
Kategorie: Hoofgereg
Cuisine: Suid Afrikaans
Sub-Kategorie: Tradisioneel
Total Views: 5183
Word Count: 375
Comment on Twitter