Bestanddele
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
bietjie olie
250 g sampioene in stukkies gesny
500 ml fyn biltong
250 g laevet maaskaas
125 ml laevet mayonnaise
30 ml vars pietersielie, gekap
Metode
Soteer ui en knoffel in olie tot sag en deurskynend en voeg sampioene by.
Roerbraai tot sanpioene sag is. Laat afkoel.
Kap uimengsel in voedselverwerker tot redelik glad. Voeg oorblywende bestanddele by en verwerk tot goed gemeng.
Skep in geskikte bak of in twee of drie kleiner bakkies en verkoel.
Sit saam met soutbeskuitjies of kaasstrooitjies voor.
Cuisine: Suid Afrikaans
Kategorie: Voorgeregte
- Posted3-Oct-2009
- Total Views703
- Word Count224
- Commentvia Twitter
Meer Resepte in "Resepte in Afrikaans"
- 3-Oct-2009Koeksister Resep
- Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie…
- Hoeveel Keer Gesien: 2616 | Woorde Telling: 443
- Lees meer →
- 3-Oct-2009Melktert Resep
- Melktert is baie te sien op die tafels van basaars en is beskikbaar in elke tuis nywerheid winkel…
- Hoeveel Keer Gesien: 1852 | Woorde Telling: 350
- Lees meer →
- 3-Oct-2009Bier Brood
- Bierbrood kan eenvoudig uit meel, bier en suiker gemaak word, maar as ´n bykomende rysmiddel (bv. koeksoda of suiker en gis) nie bygevoeg word nie, sal die brood swaar en dig wees, maar is dan wel stewiger, en verloor minder vog as dit te lank gebak word. Bruismeel kan ook gebruik word, aangesien dit ´n mengsel van meel en rysmiddel is…
- Hoeveel Keer Gesien: 1693 | Woorde Telling: 277
- Lees meer →
- 3-Oct-2009Boerewors Resep
- Boerewors moet met goeie gehalte vleis gemaak word. Verwyder senings van vleis. Sny in klein stukkies om te maal. Moenie te veel vet byvoeg nie want die wors kan galsterig word. Week die derms in water sodat die sout afgespoel word…
- Hoeveel Keer Gesien: 1569 | Woorde Telling: 269
- Lees meer →
- 3-Oct-2009Geelrys met Rosyntjies
- Suid Afrika se oudste rys dis, geelrys met rosyntjies is ook bekend as vendusierys of begrafnisrys. Toe die eerste vendusies in die Kaap gehou vas het koopers van heinde en ver gekom. Die Kaapse Maleiers, wat toe slawe was, het groot potte kos gemaak wat rys ingesluit het. Die rys was gekleur met borrie en met spysere en rosynties gegeur, dus die naam vendusierys…
- Hoeveel Keer Gesien: 989 | Woorde Telling: 261
- Lees meer →



Follow us on Twitter

