Melktert
Gepos in Resepte in Afrikaans Tell-a-FriendMelktert is 'n tradisionele Suid-Afrikaanse soet deeg kors met 'n romerige vulsel gemaak van melk, meel, suiker en eiers wat baie maklik is om voor te berei en is baie gewild. Beste tuisgemaak, maar is beskikbaar by enige basaar koek tafel, tuisnywerheid of supermark.
Bestanddele
Kors
180 g koekmeel
120 g botter
250 ml klapper
45 ml strooi suiker
2 ml vanilla essense
knippie sout
Vulsel
500 ml melk
4 eiers
30 ml mielieblom
15 ml botter
30 ml suiker
knippie sout
klein stukkie pyp kaneel
bietjie kaneel poeier
Metode
Kors
Room botter en suiker deeglik, roer sout en vanilla essense in
Voeg klapper en meel by mengsel
Maak aan tot sagte deeg
Druk in 22 cm tert pan, voer uit met bone en bak teen 200°C vir 12 minute, haal bone uit en bak verder vir 7 minute.
Vulsel
Kook melk, pyp kaneel en sout
Meng mielieblom met ´n bietjie melk, en voeg stadig by kokende melk
Klop eier gele goed met suiker en voeg stadig by, roer aanhoudend en kook vir nog 15 minute
Verwyder van stoof, laat afkoel en voeg styf geklopte eier wit by, laat verder koud word en voeg dan in gebakte tert kors, versier met klapper en kaneel poeier.
Kategorie: Soet Gebak
Cuisine: Suid Afrikaans
Sub-Kategorie: Tradisioneel
Total Views: 5645
Word Count: 497
Comment on Twitter
About the Author
In loving memory of my mother, gone since 1975 but not forgotten, the best baker in all ways, Tossie Baker neé Thuynsma (Elisabeth).