eJozi’s RecipeBook
Resepte in AfrikaansSuid-Afrikaanse kos het ontwikkel uit ´n vermenging van verskeie koskuluture, hoofsaaklik afkomstig van die inheemse bevolking, vroeë slawe en Europese nedersetters. Probeer jou hand aan vetkoek, sousboontjies, waterblommetjie bredie, vargebakte hoenderpastei of rond u maal af met ´n heerlike malavapoeding
eJozi’s RecipeBookeJozi’s RecipeBook » Resepte in Afrikaans

Subscribe to this categoryResepte in Afrikaans - [15 resepte]

Suid-Afrikaanse kos het ontwikkel uit ´n vermenging van verskeie koskuluture, hoofsaaklik afkomstig van die inheemse bevolking, vroeë slawe en Europese nedersetters. Probeer jou hand aan vetkoek, sousboontjies, waterblommetjie bredie, vargebakte hoenderpastei of rond u maal af met ´n heerlike malavapoeding.

Kos in Suid-Afrika is net so omvattend en uiteenlopend soos die mense wat daar woon. Ons resepte is beïnvloed deur baie ander lande en kulture deur die eeue heen. Wonderlike geure is saamgevoeg deur die jare en die resepte wat daaruit na vore gekom het, is uniek. Niks smaak so lekker soos tradisionele Suid-Afrikaanse kos nie! Dalk is ek bevooroordelend, maar probeer dit gerus en oordeel vir jouself!

Een van die grootste invloede op ons kos vandag is sekerlik die twee aangrensende oseane, die Indiese en Atlantiese. Seekos speel ´n baie belangrike rol in alle diëte en ´n groot verskeidenheid word geniet. Skulpvis, kreef, sout kabeljou, kingklip en snoek is slegs ´n paar gunstelinge!

As jy opsoek is na verskeidenheid, sal jy beslis nie terleurgestel word nie. Suid-Afrikaanse disse voorsien aan almal se behoeftes, maak nie saak wat jou voorkeur is nie. Jy sal altyd iets op die spyskaart aantref wat beslis in jou smaak sal val. Die kos is elegant, maar tog eenvoudig. As jy nie van vis hou nie, moenie bekommer nie. Kyk na die volgende keuses en besluit watter een lyk die lekkerste vir jou!

Bo-aan die spyskaart is die wonderlike Afrikaner hoenderpastei, geïnspireer deur die Britse pasteitjies, maar totaal in ´n ander klas, uniek. Hierdie is ´n deeg uitgevulde bak, volgeskep met hoender, sous, spek, soetrissie en ander geheime bestandele. Hierdie heerlike pastei word dan bedek met ´n deeg deksel, gebak in ´n medium warm oond tot ligbruin en bros.

Indien jy eerder skaap of bees verkies, probeer gerus die heerlike bobotie resep van die Boere. Hierdie wonderlike gereg is geïnspireer deur speserye van die Maleis slawe met uie, roesyntjies en ´n heerlike eier en melk bedeksel. Bobotie word gewoonlik bedien met geelrys, piesang, blatjang en klapper. Maak seker jy sluit ´n lieflike bykos hierby in. Pampoen en aartappelslaai gaan altyd heerlik hiermee saam.

As die warm sonstrale jou na buite lok, probeer gerus potjiekos, ook ´n Boere gereg. Gooi al die bestandele in ´n groot drie-poot-pot en laat die groente in die sappe van die vleis kook vir baie ure. Jy kan ook ´n potbrood in ´n ander potjie oor die kole bak terwyl jy wag vir jou kos om gaar te word.

Indien die potjiekos nie vir jou is nie, waarom probeer jy nie n braai nie? Heerlike boerewors, sosaties en braaibroodjies op die braaivleisvuur in jou agterplaas. Dit is mos die lewe! Bedien met aartappelslaai, en daar gaan jy!

Indien jy opsoek is na iets warm, sielskos, moet jy ´n bredie probeer. Die mees bekendste is tamatie of waterblommetjie. Hierdie in ´n alles-in-een bredie bestaande uit groente en skaap met die sappe van beide wat mekaar komplementeer.

Kerries het toegeneem in hul populariteit as gevolg van die Indiese invloed op ons kookmetodes. Jy kan soet, mattige of vurm-warm kerries opdis, dit word meestal bedien met atjar en blatjang. Al wat jy moet doen om dit te maak is om vrugte te kook saam met knoffel, chillie peper en uie, om net ´n paar belangrike bestandele te noem.

Resepte in Afrikaans - (Bladsy 1)
Appelfrikkadelle
Posted on the 2nd of Oct 2009
´n Heerlike resep gemaak met maalvlies en appelsous...
Total Views: 120 | Word Count: 319 | Comments: 0 | Not Yet Rated
Bier Brood
Bier Brood
Posted on the 3rd of Oct 2009
Bierbrood kan eenvoudig uit meel, bier en suiker gemaak word, maar as ´n bykomende rysmiddel (bv. koeksoda of suiker en gis) nie bygevoeg word nie, sal die brood swaar en dig wees, maar is dan wel stewiger, en verloor minder vog as dit te lank gebak word. Bruismeel kan ook gebruik word, aangesien dit ´n mengsel van meel en rysmiddel is
Total Views: 677 | Word Count: 297 | Comments: 0 | Not Yet Rated
Biltong Patee
Biltong Patee
Posted on the 3rd of Oct 2009
Die heerlike biltong patee kan ´n dag voor die tyd gemaak word...
Total Views: 320 | Word Count: 216 | Comments: 0 | Not Yet Rated
Boerewors Resep
Boerewors Resep
Posted on the 3rd of Oct 2009
Boerewors moet met goeie gehalte vleis gemaak word. Verwyder senings van vleis. Sny in klein stukkies om te maal. Moenie te veel vet byvoeg nie want die wors kan galsterig word. Week die derms in water sodat die sout afgespoel word...
Total Views: 748 | Word Count: 267 | Comments: 0 | Rating: 5.0
Geelrys met Rosyntjies
Geelrys met Rosyntjies
Posted on the 3rd of Oct 2009
Suid Afrika se oudste rys dis, geelrys met rosyntjies is ook bekend as vendusierys of begrafnisrys. Toe die eerste vendusies in die Kaap gehou vas het koopers van heinde en ver gekom...
Total Views: 528 | Word Count: 277 | Comments: 0 | Not Yet Rated
Groente Atjar
Groente Atjar
Posted on the 3rd of Oct 2009
´n Heerlike atjar resep wat baie maklik is om te maak...
Total Views: 297 | Word Count: 178 | Comments: 0 | Not Yet Rated
Kapok Aartappels
Kapok Aartappels
Posted on the 3rd of Oct 2009
Daar is baie resepte vir kapok aartappels maar die een met engelse mosterd bygevoeg is heerlik...
Total Views: 181 | Word Count: 154 | Comments: 0 | Not Yet Rated
Koeksister Resep
Koeksister Resep
Posted on the 3rd of Oct 2009
Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie...
Total Views: 928 | Word Count: 434 | Comments: 0 | Not Yet Rated
Melktert Resep
Melktert Resep
Posted on the 3rd of Oct 2009
Melktert is baie te sien op die tafels van basaars en is beskikbaar in elke tuis nywerheid winkel...
Total Views: 1022 | Word Count: 354 | Comments: 0 | Not Yet Rated
Mopaniewurms
Mopaniewurms
Posted on the 3rd of Oct 2009
Mopaniewurms is so dik soos ´n man se vinger en omtrent sewe sentimeter lank. Mense versaamel die proteine-ryk wurms van die mopanibome, verwyder die derms en braai hulle, of druk hulle plat en los hulle buite om droog te word. In die vorm kan hulle vir maande gestoor word
Total Views: 200 | Word Count: 222 | Comments: 0 | Not Yet Rated

Site Support

 
 
Buy a Gift Voucher
 
 
 
 
 
 
 
 
Die Volledige Suid Afrikaanse Kookboek
 
 
 
 
 
 
 
 
Boeke in Afrikaans
 
 
 
 

Site Statistics

Total Categories :34

Total Articles :222

Total Authors :41

Users Online :3

 
 
 
 

Tag Clouds