Roosterkoek
Roosterkoeke kan egter ook met suurdeeg gemaak word. Maak gewone brooddeeg aan, of gaan koop suurdeeg by die naaste supermark. Maak dit dan uit soos wat jy die roosterkoek met bruismeel hier onder sal maak.
- 500 g bruismeel
- 7.5 ml sout
- 30 ml olie
- 250 plus 100 ml water
- Gooi die meel en sout in ´n mengbak. Voeg die olie by die koppie water.
- Maak ´n holte in die meel en sout en gooi die water-oliemengsel daarin. Meng met ´n houtlepel – gooi nou nog van die water by. Die 100 ml behoort net reg te wees, maar aangesien die tipe ding deur allerhande natuurlike en wetenskaplike verskynsels beïnvloed word, moet jy dit sluk-sluk byvoeg.
- Die deeg moet net-net nie meer taai wees nie, eerder glad. Knie dit so bietjie om te meng en vorm dan in ´n lang reghoek van ongeveer 8 cm breed en 1 – 2 cm hoog. Jy kan die oppervlak met nog meel bestrooi sodat dit nie vasplak nie.
- Sny nou plat reghoekies met ´n breedte van ongeveer 5 cm. Jy sal tussen 10 en 12 roosterkoeke hiervan kan maak.
- Hierdie reghoekies kan nou êrens op 'n meelbestrooide bord wag vir die vuur.
- Die braaivleisvuur moenie te warm wees nie – die roosterkoeke brand maklik! Pak dit aan die kante van die rooster, sodat dit nie direk in die vlamme is nie, maar eerder egalige hitte op die kantlyn ontvang. Draai gereeld om en moenie wegstap nie. Dis alles harde lesse om te leer, die dat ek dit so stiptelik uitspel! Dit neem tussen 10 en 15 minute, alles hang af van hoe dik hulle is. Breek maar een oop en kyk as jy twyfel.
- Nou kan jy dit opdien: met botter en stroop of konfyt, of met maalvleis en kaas, of saam met jou braaivleis, of net soos jy gaan lekker kry!
- Melktert Resep
-
- Posted on the 3rd of Oct 2009
- Melktert is baie te sien op die tafels van basaars en is beskikbaar in elke tuis nywerheid winkel...
- Total Views: 1026 | Word Count: 354 | Comments: 0 | Not Yet Rated
- Speserye
-
- Posted on the 3rd of Oct 2009
- Eksotiese speserye van regoor die wêreld is deesdae tot ons beskikking – tog beteken die beskikbaarheid daarvan maar min as jy nie weet hoe om dit te gebruik nie. Tower jou kookkuns op met die wonderwêreld van speserye...
- Total Views: 1018 | Word Count: 2072 | Comments: 0 | Not Yet Rated
- Koeksister Resep
-
- Posted on the 3rd of Oct 2009
- Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie...
- Total Views: 937 | Word Count: 434 | Comments: 0 | Not Yet Rated
- Boerewors Resep
-
- Posted on the 3rd of Oct 2009
- Boerewors moet met goeie gehalte vleis gemaak word. Verwyder senings van vleis. Sny in klein stukkies om te maal. Moenie te veel vet byvoeg nie want die wors kan galsterig word. Week die derms in water sodat die sout afgespoel word...
- Total Views: 751 | Word Count: 267 | Comments: 0 | Rating: 5.0
- Bier Brood
-
- Posted on the 3rd of Oct 2009
- Bierbrood kan eenvoudig uit meel, bier en suiker gemaak word, maar as ´n bykomende rysmiddel (bv. koeksoda of suiker en gis) nie bygevoeg word nie, sal die brood swaar en dig wees, maar is dan wel stewiger, en verloor minder vog as dit te lank gebak word. Bruismeel kan ook gebruik word, aangesien dit ´n mengsel van meel en rysmiddel is
- Total Views: 684 | Word Count: 297 | Comments: 0 | Not Yet Rated
Article Statistics
Posted :19th of Nov 2009
Total Views :266
Word Count :460
Comments :0
Rating :Not Rated Yet
Site Support
Site Statistics
Total Categories :34
Total Articles :222
Total Authors :41
Users Online :6



