Waterblommetjie Bredie
Cuisine:Suid Afrikaans
Kategorie:Hoofgereg - Vleis
Kook Tyd:± 1½ ure
Lewer:6-8 porsies
Waterblommetjies kom in die Boland voor en word in September en Oktober gepluk. Waterblommetjies het ´n delikate, eiesoortige geur en daarom word daar nie sterk geurmiddels bygevoeg nie. Bredie is maar net groente, in die resep, waterblommetjies, wat met skaapvleis en geurmiddels lank en stadig gekook word sodat die eindproduk nóg vleis nóg groente is, maar ´n ineengestrengelde stuk heerlikheid. Kortweg ´n nuwe smaak, ´n nuwe smaakervaring.
- 300 g vars waterblommetjies1
- 1.5 kg skaaprugstring of dikrib, in stukkies gesny
- 250 ml water
- 10 ml sout
- 5 ml peper
- 2 uie, gekap
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 2 heel naeltjies
- 5 ml neutmuskaat
- 250 ml droë witwyn
- 1 bossie suring2
- 6 baba aartappels, geskil en halveer
Week die waterblommetjies oornag in soutwater en sny die stingels af. Sprinkel die sout en peper oor die skaapvleis en braai die vleis tot bruin. Verwyder die vleis uit die pan, braai die uie en knoffel tot deurskynend. Skep die vleis terug in die pan en voeg die res van die bestanddele by. Laat dit stowe vir ongeveer 1½ uur todat die vleis sag is. Moet dit nie onnodig roer nie.
As ingemaakte waterblommetjies gebruik word, moet dit eers na so 45 minute bygevoeg word sodat dit nie wegkook nie. Dit is ook lekker om ´n bietjie room net voor bediening by te voeg. Dien dit saam met gekookte rys op.
- As vars waterblommetjies nie beskikbaar is nie gebruik 1 blik (410 g) ingemaakte waterblommetjies.
- Indien suring onbekombaar is, kan ´n groen tamatie of suurlemoen sap of ´n suur appel gebruik word.
- Melktert Resep
-
- Posted on the 3rd of Oct 2009
- Melktert is baie te sien op die tafels van basaars en is beskikbaar in elke tuis nywerheid winkel...
- Total Views: 1027 | Word Count: 354 | Comments: 0 | Not Yet Rated
- Speserye
-
- Posted on the 3rd of Oct 2009
- Eksotiese speserye van regoor die wêreld is deesdae tot ons beskikking – tog beteken die beskikbaarheid daarvan maar min as jy nie weet hoe om dit te gebruik nie. Tower jou kookkuns op met die wonderwêreld van speserye...
- Total Views: 1019 | Word Count: 2072 | Comments: 0 | Not Yet Rated
- Koeksister Resep
-
- Posted on the 3rd of Oct 2009
- Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie...
- Total Views: 937 | Word Count: 434 | Comments: 0 | Not Yet Rated
- Boerewors Resep
-
- Posted on the 3rd of Oct 2009
- Boerewors moet met goeie gehalte vleis gemaak word. Verwyder senings van vleis. Sny in klein stukkies om te maal. Moenie te veel vet byvoeg nie want die wors kan galsterig word. Week die derms in water sodat die sout afgespoel word...
- Total Views: 752 | Word Count: 267 | Comments: 0 | Rating: 5.0
- Bier Brood
-
- Posted on the 3rd of Oct 2009
- Bierbrood kan eenvoudig uit meel, bier en suiker gemaak word, maar as ´n bykomende rysmiddel (bv. koeksoda of suiker en gis) nie bygevoeg word nie, sal die brood swaar en dig wees, maar is dan wel stewiger, en verloor minder vog as dit te lank gebak word. Bruismeel kan ook gebruik word, aangesien dit ´n mengsel van meel en rysmiddel is
- Total Views: 686 | Word Count: 297 | Comments: 0 | Not Yet Rated
Article Statistics
Posted :3rd of Oct 2009
Total Views :302
Word Count :419
Comments :0
Rating :Not Rated Yet
Site Support
Site Statistics
Total Categories :34
Total Articles :222
Total Authors :41
Users Online :2



