eJozi's RecipeBook

  Login

Bredie is maar net groente, in die resep, tamatie, wat met skaapvleis en geurmiddels lank en stadig gekook word sodat die eindproduk nóg vleis nóg groente is, maar ´n ineengestrengelde stuk heerlikheid. Kortweg ´n nuwe smaak, ´n nuwe smaakervaring. Die bekendste bredies is ongetwyfeld tamatie, groenboontjie en die gewilde Kaapse streekkos, wateruintjie (-blommetjie).

Kook Tyd: ± 2 ure | Lewer: 8-10 porsies
Bestanddele
  • olie

  • 2 kg skaapvleis in stukke gesny

  • 4 uie, in dun skywe gesny

  • 3 knoffelhuisies, fyn gekap

  • aftreksel of water

  • 3 blikkke (400 g elk) heel tamaties, fyn gekap

  • 15 ml wit suiker

  • 5 ml fyn koljander

  • 1 brandrissie gekap

  • 3 groot aartappels in blokkies gesny

  • sout tot smaak

  • vars gemaalde swart pepper

Metode

Verhit ´n bietjie olie in ´n swaarboompot en braai die vleis bruin. Verwyder en hou eenkant. Raak van die oortolige olie in die pot ontslae en braai die uie en knoffel oor baie lae hitte tot deurskynend. Voeg die vleis weer by en braai stadig. Vloeistof word nie regtig bygevoeg nie, maar indien die uie en vleis te vinning braai gooi ´n bietjie aftreksel of water by. Stowe vir ongeveer 30 minute en voeg dan die tamaties, suiker, koljander, rissie, sout en peper by. Voeg die aartappels by wanneer die vleis amper sag is. Stowe vir ongeveer 1½ uur. Die aartappels sal begin wegkook en die vleis sal so te sê van die been af val. Bedien met rys.

Cuisine: Suid Afrikaans

Kategorie: Hoofgeregte - Vleis

  • Posted3-Oct-2009
  • Total Views954
  • Word Count355
  • Commentvia Twitter

Meer Resepte in "Resepte in Afrikaans"

3-Oct-2009Koeksister Resep
Koeksister Resep
Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie…
Hoeveel Keer Gesien: 2606 | Woorde Telling: 443
Lees meer →
3-Oct-2009Melktert Resep
Melktert Resep
Melktert is baie te sien op die tafels van basaars en is beskikbaar in elke tuis nywerheid winkel…
Hoeveel Keer Gesien: 1849 | Woorde Telling: 350
Lees meer →
3-Oct-2009Bier Brood
Bier Brood
Bierbrood kan eenvoudig uit meel, bier en suiker gemaak word, maar as ´n bykomende rysmiddel (bv. koeksoda of suiker en gis) nie bygevoeg word nie, sal die brood swaar en dig wees, maar is dan wel stewiger, en verloor minder vog as dit te lank gebak word. Bruismeel kan ook gebruik word, aangesien dit ´n mengsel van meel en rysmiddel is…
Hoeveel Keer Gesien: 1688 | Woorde Telling: 277
Lees meer →
3-Oct-2009Boerewors Resep
Boerewors Resep
Boerewors moet met goeie gehalte vleis gemaak word. Verwyder senings van vleis. Sny in klein stukkies om te maal. Moenie te veel vet byvoeg nie want die wors kan galsterig word. Week die derms in water sodat die sout afgespoel word…
Hoeveel Keer Gesien: 1564 | Woorde Telling: 269
Lees meer →
3-Oct-2009Geelrys met Rosyntjies
Geelrys met Rosyntjies
Suid Afrika se oudste rys dis, geelrys met rosyntjies is ook bekend as vendusierys of begrafnisrys. Toe die eerste vendusies in die Kaap gehou vas het koopers van heinde en ver gekom. Die Kaapse Maleiers, wat toe slawe was, het groot potte kos gemaak wat rys ingesluit het. Die rys was gekleur met borrie en met spysere en rosynties gegeur, dus die naam vendusierys…
Hoeveel Keer Gesien: 987 | Woorde Telling: 261
Lees meer →

Nog Meer Resepte ⇒


OfferForge




Evita se kossie sikelela

Evita se kossie sikelelaAvailable from Kalahari.net



Site Statistics

Total Categories :43

Total Articles :258

Users Online :5